Tafelberg 4x4 kamp reëls
· Geen musiek mag op die kampterrein gespeel word nie, tensy daar 'n amptelike klubdans gehou word.
· Geen rusverstoring na 22h30 saans. Aktiwiteite hierna moet sag genoeg wees om ander wat wel gaan slaap in ag te neem. Klank trek baie vêr en duidelik in die nag, en 'n tent tree op soos 'n versterker.
· Kampvure moet voor slaaptyd geblus word. Gebruik slegs gekoopte hout vir vuurmaak.
· Daar sal stiptelik elke oggend 9h00 'n kort "briefing" wees, ongeag of daar 'n roete gery word.
· Bespaar water, warm water veral, hout, werk ook spaarsamig met elektrisiteit.
· Neem asseblief medekampers in ag.
· Alle plaas reëls moet nagekom word.
· Geen strooi van rommel. Sigaret stompies ingesluit.
· Die kampterrein moet opgeruim word voor vertrek
Tafelberg 4x4 op roete reëls
· Elke 4x4 roete word op eie risiko gedoen - geen eise teen die klub of roete eienaar kan ingestel word nie
· Sorg dat die vrywaringsvorm behoorlik ingevul en geteken word. Sluit alle name van passasiers in.
· Geen musiek mag op die roetes gespeel word nie. Gun uself die geleentheid om die natuur te ervaar.
· Geen rommelstrooi - wat jy inbring, bring jy uit. Dit geld ook vir natuurlike produkte.
· Hou volgafstand en handhaaf konvooi prosedures. Stop wanneer jy die voertuig agter jou nie sien nie.
· Wees ekstra versigtig om nie veldbrande te stig nie - stompies!!
· Daar sal stiptelik elke oggend 9h00 'n kort "briefing" wees - almal moet dit bywoon.
· Ons vertrek soggens 9h15 op roete - dan moet u asb reeds gereed wees - anders wag die hele konvooi vir jou.
· Handig draagbare radios na roete in vir herlaai.
· Alle plaas reëls moet nagekom word.
· Hekke wat oop gevind is bly oop, ander moet toegemaak word deur die laaste voertuig in die konvooi.
· Praat duidelik oor die radio, druk die knop in en wag eers 'n sekonde lank voor jy begin praat.
· U moet minstens 1 liter water per persoon per dag in die voertuig hê
· Herwinnings - gebruik slegs "recovery punte" om toue te hak, en geen skakels om toue in die middel te verbind.
· Tydens herwinning moet alle omstanders minstens die toulengte + 3 meter weg wees.
· U moet 'n spaarband en gereedskap hê om die spaarband te ruil.
· Teken mekaar se logboeke asb.